Die kuns van eiedomswaardasie

Die regte prys het ‘n ongelooflike positiewe uitwerking op hoe vining eiendom verkoop word, waar in teenstelling die verkeerde prys ‘n negatiewe uitwerking kan hê.

 

Een van die grootste foute wat verkopers maak is om die bemarkingsprys te hoog te maak. Markprys word bepaal deur wat ‘n gewillige koper en ‘n gewillige verkoper bereid is om te aanvaar.

 

Die veroorsaak dat die eiendom te lank in die mark is en dan begin die voornemende kopers te wonder of daar fout is met die eiendom en die eiendom gevolglik dan later teen baie minder as die werklike markwaarde verkoop.

 

Dit is dus baie belangrik om eiendom akkuraat te waardeer.

 

· Die eerste teken dat jou prys te hoog is, is ‘n gebrek aan belangstelling in die eiendom. Vra gereeld vir terugvoering ten opsigte van kommentaar van kliente, om sodoende nader aan die ware waarde te kom.

 

· Moet nie dat jou persoonlike waarde ten opsigte tot die eiendom jou markwaarde beinvloed nie. Jy kan nie vra wat jou buurman vra, of die prys vra wat jy nodig het om jou volgende huis te koop nie.

 

· Moet ook nie te ambisiues word wanneer die aanvraag hoog is nie en moet ook nie perspektief verloor oor die waarde van ander vergelykbare eiendomme in dieselfde gebied nie.

 

· Moet nooit voornemende kopers probeer flous nie, hulle is baie beter ingelig as van te vroeër.

 

As jou prys te hoog is moet nie bang wees om die prys te verlaag nie. Dit sal dan net baie gouer verkoop.

 

Jy kan baie beter doen om jou huis vir die eerste instansie vir die regte prys in die mark te sit.

 

Die geld belê vir goeie rentekoers, as wat jy vir nog 6 maande die belasting en onderhoud aan die huis moet doen en dan moet jy elk geval terug val op die werklike waarde van die huis.

 

Dit is baie belangrik om ‘n akkurate waardasie te laat doen, voordat jy jou eiendom begin adverteer.

 

Hierdie kan alleenlik deur ‘n bank waardeerder of ‘n aktiewe agent met ‘n wye kennis van die plaaslike mark vir jou deur gee.